-
Graskarp?
Ek het dinsdag hierdie snaakse karp gevang naby parys. Ek dink dis `n graskarp? Die hoek het hom aan die buitekant van die lip gehaak so dit lyk of hy die shrimp patroon probeer eet het? Sover ek weet eet graskarpe net alge en gras? Anyway hy het m%#se hard baklei
-
Dit lyk soos 'n graskarp ja. En 'n mooie ook nog daarby. Wel gedaan :)
-
-
Yip, alhoewel hulle normaal weg net water plante eet, snack hulle aan ander organismes.
Mooi vis.
-
Korrie ek lees nou wat jy skryf oor hoe sleg die karpe vir die rivier is> Ek vang al 12jaar by ons plaas vis en nou vir die eerste keer sien ek so karp. ek moes hom eerder nie vrygelaat het nie
-
Ernst
Eerder nie.
Alhoewel gras karp, 'n "worhty opponent" is, soos hulle se.
Oor die algemeen moeilik om te vang, en BAIE sterk en vinnig.
Natuur bewaring het so ruk terug gese, hulle is bewus van die "probleem" en hulle kyk na moontlike "oplossings.
Op hierdie stadium, is ek nie seker wat die moontlike oplossings is nie.
Met letterlike duisende van die klein gras karpe in seker gebiede, is dit 'n ekologiese ramp, wat besig is om plaas te vind.
Die kompetisie vir kos met die SM en Muddies, is astromomies, en kan net rampspoedige gevolge he vir die bevolkings van SM en Moddervisse.
-
Interessant wat jy nou noem Korrie.
In Amerika het hulle alreeds 'n ekologiese ramp agv die graskarp en in besonder die silwer karp. Hulle het op een stadium op DSTV 'n hele episode gehad oor die indringer vis en die skade wat dit aanrig. En maak nie saak hoeveel van die goed gevang word nie, hulle getalle verminder net nie vinnig genoeg nie.
-
Well gedaan Ernst, dis 'n lekker bul daai, hy moes jou nogal getrek het.
Ek kan glo dat dit 'n garnaal ge eet het, as jy in ag neem die garnale maak nes in en om die plante, so hulle is virseker op die 'per toeval' menu.
-
Scythe dis eintlik nogal snaaks gewees ek het in die stroom staan en vang vir geles en toe laatmiddag sien ek hulle begin op die oppervlak eet. Ek gooi my lyn met die shrimpie in diep stil water in en los dit terwyl ek `n droe vlieg aan `n ander lyn sit toe hoor ek net hoe skree die katrol. Dit was soos papgooi met `n vliegstok!